NewsNews

Pad verby Carletonville steeds oop, maar gaan as gevolg van sinkgat gesluit word

Pad verby Carletonville steeds oop, maar gaan as gevolg van sinkgat gesluit word

Die R501 pad verby Carletonville is huidiglik steeds oop vir verkeer, maar gaan waarskynlik voor die einde van die dag as gevolg van ‘n sinkgat gesluit word.

Hoewel owerhede beplan om ‘n alternatiewe roete verby die probleem-gebied te maak, is dit op dié tydstip nie seker wanneer dit gaan reg wees nie.

Motoriste wat tussen Potchefstroom en Johannesburg ry, kan óf die N12 óf die N14 (dié pad kan deur die Rysmeirbult-afdraai bereik word) as alternatiewe roetes gebruik. ‘n Ander roete is om op die R501 te ry en reguit aan die hou waar die pad na Carletonville regs vurk. Dié pad lei verby Khutsong Uitbreiding 5 voor dit deur Carletonville gaan.

Motoriste sal op hoogte gehou word van wat met die pad aangaan.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button