NewsNews

Privaat vervolging van Thandi Modise tot 6 Mei uitgestel

Bejani Chauke, pres. Cyril Ramaphosa se raadgewer, en kapt. Tebogo Mokolobate moes op 29 April 2019 in die Potchefstroomse landdroshof verskyn óf arrestasie in die gesig staar.

Bejani Chauke, pres. Cyril Ramaphosa se raadgewer, en kapt. Tebogo Mokolobate moes op 29 April 2019 in die Potchefstroomse landdroshof verskyn óf arrestasie in die gesig staar.

Hulle is as getuies in die privaat vervolging van Thandi Modise gedagvaar, waar AfriForum se privaatvervolgingseenheid namens die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) optree.

Chauke het wel in die hof verskyn en ’n ongetekende geskrewe verklaring verskaf. Adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se privaatvervolgingseenheid, het by ooreenkoms met Chauke se regsverteenwoordiger die uitgereikte lasbrief laat kanselleer en daar is ooreengekom om hierdie verklaring aan te vul voor 6 Mei 2019. Mokolobate het egter geen verklaring verskaf nie en hom tydens verrigtinge op regsverteenwoordiging beroep. Verrigtinge is tot 6 Mei 2019 uitgestel om Mokolobate in staat te stel om regsverteenwoordiging te bekom.

Chauke was tydens die pleging van die beweerde misdaad Modise se raadgewer. Mokolobate is ’n kaptein in die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) en was ten tyde van die pleging van die beweerde misdaad die hoof van Modise se sekuriteit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button