SportSport

Gimmies klop Volkies in naelbyt Prestigereeks-wedstryd

Hierdie stryd wat as ‘n lusmakertjie vir dié twee skole se FNB Classic Clash-wedstryd op 25 Mei, gesien kan word, het gistermiddag (Woensdag, 1 Mei) op die Fanie du Toit Sportgronde plaasgevind.

So naby, maar tog so ver.

Dit was die verhaal wat afgespeel het toe Hoër Volkskool Potchefstroom se losskakel, Stephan van Niekerk, sy strafskop net regs van die pale in die doodsnikke geskop het.  Sekondes daarna glimlag Potchefstroom Gimnasium se spelers met ‘n 12-10 oorwinning teen hulle tradisionale teenstanders in hierdie NWU Prestigereeks-uitspeelwedstryd vir die 7de plek.

Hierdie stryd wat as ‘n lusmakertjie vir dié twee skole se FNB Classic Clash-wedstryd op 25 Mei, gesien kan word, het gistermiddag (Woensdag, 1 Mei) op die Fanie du Toit Sportgronde plaasgevind. Dit was deur die loop van die wedstryd baie naby gewees met albei spanne wat spreekwoordelike houe ingekry het. Volkies het nog hoop gehad met ‘n 10-5 voorsprong, maar teen die einde van die wedstryd het Gimmies druk geplaas en moedig teruggeveg om die wen te kry.

Foto’s: Wouter Pienaar

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button