NewsNews

Bruidspaar en ontwerper dink 50 jaar terug

Dis nie aldag dat ‘n gevestigde modeontwerper presies die ontwerp van ‘n eerste trourok kan onthou nie. En dis dalk meer skaars dat die bruid wat daarin getrou het, haar vyftigste huweliksherdenking vier.

Dis nie aldag dat ‘n gevestigde modeontwerper presies die ontwerp van ‘n eerste trourok kan onthou nie. En dis dalk meer skaars dat die bruid wat daarin getrou het, haar vyftigste huweliksherdenking vier.

Danie en Larine Cronjé is oud-Potchefstromers en die gelukkige bruidspaar wat vandag (4 April) vanjaar hul 50ste huweliksherdenking vier. Hulle het ‘n lang verbintenis met Potchefstroom. Danie het by die PU vir CHO (die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys of PUK – die Noordwes Universiteit se voorganger) studeer. Hy was later dosent by Departement Ekonomie by die PUK, was bekend as voorsitter van ABSA bank, was ook lid van die Universiteitsraad en kanselier by die PUK.

Toe Danie en Larine vertel dat Cronjé Lemmer van Potchefstroom die ontwerper van Larine se trourok was en dat dit boonop Cronjé se eerste trourok was, kon ek nie anders as om weer met die bekende modeonwerper van Potchefstroom daaroor te gesels nie.

Cronjé Lemmer en sy hond, Ben.

Hoewel Lemmer nog ontwerp en klere maak, spits hy hom deesdae meer toe op die kollografiese kunsmedium wat hy tans beoefen. Hy bied ook klasse in die kunsvorm aan.

Lemmer se eerste trourok bring net goeie herinneringe. Hy hy raap dadelik ‘n stuk papier nader waarop hy presies in alle detail die rok weer oorskets. “Ek onthou elke trourok wat ek gemaak het. Vir my is dit soos ‘n kind wat ek grootgemaak het,” vertel hy in die sonnige sitkamer by sy huis waar hy ook sy naaldwerk- en kollografie-ateljee het. Hy skets die “empire”-styl trourok met die klokmoue en A-lyn romp wat destyds hoogmode in die sestigs en vroeg sewentigs was. Lemmer onthou nog dat Joey Spuller, die modeontwerper by wie hy opleiding gekry het, die Chantilly-kant geskenk het wat hy met die hand op die trourok vasgewerk het.

Larine Cronjé tydens ‘n ateljee fotosessie voor die troue. ‘n Vriendin het die rok tydens dié fotosessie gesien en by Cronjé ook haar trourok bestel.

“Ek het vroeg in my lewe in naaldwerk belang gestel. As kleuter het ek pop gespeel en daarvan gehou om rokke vir my pop te maak. My ma het destyds ‘n Singer naaimasjien gehad wat jy nog met die hand moes draai. Ek het vining geleer om net met my linkerhant te beheer”, vertel Lemmer.

As Gimmie leerling in graad-11 het Lemmer destyds vir ‘n naaldwerkkompetisie by die Randse Paasskou ingeskryf. Hy het toe ‘n pop gehad, wat heelwat groter was as die Barbie-poppe van vandag. Die pop het volwasse figuurverhoudings gehad en hy het vir dié pop ‘n trourok gemaak. Hy het nog twee poppe by sy vriendinne geleen en hulle ook as deel van die bruidsgroep geklee – met hoede en al. Hy het toe reeds ‘n hoedekursus by ‘n bekende hoedeontwerper van Pretoria voltooi.

Met dié naaldwerkinskrywing het hy vier eerste pryse by die skou gewen en moes hy selfs vir die destydse koerant Die Transvaler vir ‘n foto geposeer. “Dit was seker dié nuus wat gemaak het dat mense al meer in my vertroue begin kry het as ontwerper. Ek het destyds ook die kostuums vir die dramaproduksies op die PUK ontwerp.

Lemmer was 21 jaar oud toe hy sy eerste trourok gemaak het. Hy was ‘n dramastudent by die PUK. “Ek onthou nog ek was op die Herald voorblad toe die rok klaar was”, vertel Lemmer terwyl hy lag. Die voorblad van Vrydag, 10 April 1970 lui: “Dramastudent maak trourokke” waarin breedvoerig uitgebrei word oor Lemmer se vaardigheid as ontwerper.

Vir Lemmer is die keuse tussen modeontwerp en kollografie moeilik. “Elkeen het sy uitdagings. Ek hou baie van kollografie omdat dit baie met teksture te doen het. Jy bou as’t ware jou kunswerk op uit verskillende materiale en verf. Wanneer jy dit deur die rolpers sit, word die teksture en verf in die papier vasgevang”, verduidelik hy. Volgens hom het die medium ‘n wonderlike verrassings-element want die kunstenaar kan nooit presies bepaal hoe ‘n werk na die drukproses uitkom nie.

“Dit is net so bevredighed om te sien hoe ‘n bruid baie tevrede is met haar rok. Maar kollografie is dalk bietjie makliker omdat die kunswerk nie gewig verloor nie en ook nie met die kunstenaar terugpraat nie”, lag Lemmer.

Larine Cronjé en Cronjé Lemmer

Danie en Larine woon vandag in St. Francisbaai in die Oos-Kaap en kyk met groot dankbaarheid terug. Hulle het mekaar in 1969 na kerk by jeugsang ontmoet toe hul albei as jong werkendes in Belville gewoon het.

Danie en Larine Cronjé op hul troudag, 4 April 1970 in Knysna.

Danie bewonder sy vrou vandag steeds omdat sy so ‘n sagte liefdevolle mens is. Vir Larine was Danie se onkreukbare integriteit weer baie aantreklik. Larine sal altyd onthou hoe gelukkig sy op haar groot dag was. Hulle geheim vir hulle gelukkige huwelik van 50 jaar is liefde en respek vir mekaar. “Ek wou natuurlik my skoonma ook verkeerd bewys”, spot Danie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button