CommunityNewsNewsPhoto Galleries

Ontsmetting by West Acres slegs voorsorgmaatreël

"West Acres word as voorsorgmaatreël gesaniteer en nie omdat 'n persoon met COVID-19 die winkel besoek het nie", sê die sentrumbestuurder.

Die Herald het met ‘n vorige artikel op die web verkeerd berig dat West Acres-winkelsentrum weens die koronavirus gesaniteer word.

Volgens die bestuurder van die sentrum, Dalena Odendaal-Meyer, is ‘n werker van Pick n Pay wat vir twee weke met verlof was intussen met COVID-19 gediagnoseer. Die werker was nie voor die verlof siek nie, maar die bestuur van Pick ‘n Pay het as voorsorgmaatreël steeds hulle winkel ontsmet. Die bestuur van die sentrum het ook besluit om veilig te speel en dieselfde te doen.

“Die deure van die sentrum was van gistermiddag 14:00 gesluit, maar al die winkels, behalwe Pick n Pay, is vanoggend weer oop vir besigheid nadat die department van gesondheid dit veilig verklaar het”, sê Dalena.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button