NewsNews

500 kilogram seëning vir PAWS

Danksy die goeie harte van Canal Crossing winkelsentrum se kliënte het Potchefstroom Animal Welfare Society (PAWS) die afgelope week ‘n massiewe geskenk in die vorm van 500 kilogram hondekos gekry.

Danksy die goeie harte van Canal Crossing winkelsentrum se kliënte het Potchefstroom Animal Welfare Society (PAWS) die afgelope week ‘n massiewe geskenk in die vorm van 500 kilogram hondekos gekry. Sodoende kan al die honger magies by PAWS vir ‘n ruk lekker aan die splinternuwe geure smul.

“Canal Crossing het jaarliks ‘n Letters to Santa-kompetisie om iets terug te gee aan ons kliënte. Vanjaar het Maureen Roestorff, Carina Engelbrecht, Marlize van der Walt en Elrise Pretorius wat ingeskryf het, besluit om nie iets vir hulself te kry nie, maar iets vir PAWS te gee. Die 500 kilogram kosskenking is aan niemand anders te danke as ons kliënte nie,” noem Elizna Leibbrandt, Canal Crossing se bemarkings- en kommunikasiebeampte.

Roan Britoe, Melony Brooks (bestuurder Cat Box Hyper, Canal Crossing) en Petrus Dipheko. Cat Box Hyper het ‘n groot rol gespeel en al die 500 KG hondekos kom vanuit die winkel.

“Ons het die briewe met die beste motiverings gekies en ons glo dit is Canal Crossing se hart om terug te gee aan die gemeenskap.” Volgens Leibbrandt het Cat Box Hyper ‘n groot bydrae tot hierdie inisiatief gelewer.

“Kliënte kon briewe skryf oor wat hulle van Kersvader wou hê vanuit ‘n spesifieke Canal Crossing winkel. Sodoende het Cat Box Hyper wat deel van die Canal Crossing winkelsentrum is, goedkoper hondekos gegee sodat die 500 kilogram teiken makliker bereik kon word,” noem sy.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button