Feriska van der Merwe, ‘n gr. 12-leerder van Hoër Volkskool, het onlangs aan die Nasionale Toneelspelkompetisie in die Artscape Teater in Kaapstad deelgeneem.
Sy het die beoordelaars bekoor met haar toneelspel en ‘n merietebeurs losgeslaan waarmee sy volgende jaar drama in die Kaap kan studeer.


Rico van der Schyff, nog ‘n leerder van Volkskool wat ook aan die kompetisie deelgeneem het, is as een van die top 100 akteurs in die land aangewys.
Albei was onder die top 100 in die land en is genooi om by die volgende rondte op te tree.
Hier het Feriscka dan ook deurgedring na die laaste rondte wat uit die top 32 akteurs bestaan het. Hierdie meisie kan gerus dopgehou word vir haar debuut op die planke.




