NewsNews

Woel en Werskaf se karnaval ’n reuse sukses

Die tema was “Woelies in die Ruimte” en dit was behoorlik ‘n fantastiese ervaring waar kleuters met sterre in hulle oë die aktiwiteite en lekkernye geniet het

Met die aankoms by Woel en Werskaf Kleuterskool se 2022 karnaval kon ‘n mens klaar sien waarom dit een van die gewildste byeenkomste op die Potch-kalender is.

Keagan Wallace het die kleurvolle gesigverf baie geniet.

Gesinne, vriende en familie het lekker saam gekuier en die dag saam met hulle kleuters geniet. Daar was gesigverf, springkastele, talle speletjies, kussinggevegte en nog meer op die dag, wat die kinders vermaak het.

Die tema was “Woelies in die Ruimte” en dit was behoorlik ‘n fantastiese ervaring waar kleuters met sterre in hulle oë die aktiwiteite en lekkernye geniet het.

Kyk die foto’s hier:

Die doel van die karnaval is om fondse vir die skool in te samel en om dit te bereik werk die ouers en personeel van Woel en Werskaf kliphard. Elkeen van die sewe klasse by Woel en Werskaf het ook twee stalletjies gehad. Vanjaar is ook die 40ste bestaansjaar van dié kleuterskool, met die skool wat op 19 Maart hulle 40ste bestaansjaar vier.

Die jaarlikse karnaval het ‘n ryk tradisie by Woelies in die sowat 25 jaar wat dit al aangebied word. Weens Covid-19 was verlede jaar se byeenkoms afgelas. Mev. Elzaan van den Berg, een van die onderwyseresse, was die hooforganiseerder van die karnaval.

Woel en Werskaf se buurskole, Die Wilge, ES le Grange en Laerskool Bailliepark het ook hand bygesit met ekstra tafels, stoele en ander benodighede op die dag.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button