Potchefstroom Gimnasium se o.16 dogters aflosspan was een van die hoogtepunte van Gimmies se algehele vierde plek by die NWU Super Interhoër (groep 1-2) wat Woensdag, 2 Maart by die Ruimsig Atletiekstadion plaasgevind het.
Die atlete het altesaam 22 goue-, 13 silwer- en 21 bronsmedaljes ingepalm. Die o.16-dogtersaflosspan verower ‘n goue medalje in ‘n blitsige tyd van 49.33 sekondes.
Om dit in perspektief te stel is dit die tweede vinnigste aflostyd vir dogters by die byeenkoms. Die enigste meisiesspan wat vinniger gehardloop het was Garsfontein se o.19 aflosspan in ‘n tyd van 48.78 sekondes.

Gimmies se o.17-seunsaflosspan verower ook ‘n silwermedalje. Gimmies het in Groep 2 teen skole soos Hoërskool Noordheuwel, Hoërskool Nelspruit, Rustenburg, Dr. Malan, Affies, Helpmekaar, Montana, Monument, KHS, Waterkloof en Prestige College deelgeneem.

Die volgende atlete het hulle staal by die byeenkoms gewys:
• Righardt Joubert, goue medalje in 100m, 100m hekkies en verspring • Lourens Jacobs, goue medalje in 100m en bronsmedalje in 200m
• Tlotlo Phakedi, goue medalje in 100m en ‘n silwermedalje in hoogspring
• Rico Leijenaar, goue medalje in 1500m en ‘n silwermedalje in 800m
• Sandri van Rooyen, goue medalje in 100m hekkies en silwermedaljes in 100- en 200m • Sihle Mahlangu, goue medalje in hoogspring
• Lana Burger, goue medalje in verspring
• Stephané Hook, goue medaljes in gewigstoot en spiesgooi en ‘n bronsmedalje in diskus
• Jamoré Olivier, goue medaljes in gewigstoot en diskus
• Jahndré Coetzee, goue medalje in spiesgooi
• Johan Malan, goue medalje in spiesgooi
• Stefanie Bamm, goue medalje in hoogspring • Lee-Ann Grobbelaar, goue medalje in spiesgooi
• Juné Roode, goue medalje in hoogspring
• Oarabile Tselane, silwermedalje in 100m
• Phemelo Molale, silwermedalje in 100m en ‘n bronsmedalje in 200m
• Emma Joubert, silwermedalje in 300m hekkies en ‘n bronsmedalje in 200m
• Elzaan Erasmus, silwermedalje in hoogspring
• Riandi Boshoff, silwermedalje in diskus
• Mikayla Swanepoel, bronsmedalje in 100m
• PC Schutte, bronsmedalje in 800- en 1500m
• Ilané Herbst, bronsmedalje in 800m
• Mathilda Liebenberg, bronsmedalje in 1500m
• Jané Esterhuizen, bronsmedalje in 90m hekkies
• Jana van der Merwe, bronsmedalje in 100m hekkies
• Peter Hendriks, bronsmedalje in 110m hekkies
• Enricque Classen, bronsmedalje in hoogspring
• Micaela Fourie, bronsmedalje in verspring
• Righard Raath, bronsmedalje in verspring
• David Ndala, bronsmedalje in verspring
• Mariné Jacobs, bronsmedalje in gewigstoot
• Richter van der Merwe, bronsmedalje in diskus
• Talitha van Jaarsveld, bronsmedalje in spiesgooi
• Ilané Moolman, bronsmedalje in spiesgooi
• Jan-Adriaan van Wyk, bronsmedalje in spiesgooi.




