NewsNews

“Daar is geen plaasvervanger vir kundigheid en harde werk nie”

Mnr. Willie van der Merwe, skoolhoof van Potchefstroom Gimnasium, noem dat die hele skool verheug is oor die toekenning.

Potchefstroom Gimnasium het hulle reputasie as een van die land se top skole versterk toe die Departement van Onderwys hulle as landwye naaswenners van die kwintiel 4-skole vir 2021 aangewys het.

Mnr. Willie van der Merwe, skoolhoof van Potchefstroom Gimnasium, met die Departement van Onderwys se nasionale toekenning as naaswenners van kwintiel 4-skole. Foto: Wouter Pienaar

Gimmies het hierdie eer Donderdag, 7 April tydens ‘n spoggeleentheid te beurt geval waar hul Potchefstroom se naam hoog gehou het. Potchefstroom Girls High is as die landwye wenner van kwintiel 4-skole aangewys. Die beste skole word volgens verskeie kwintiel-groepe gekategoriseer rakende die beskikbare hulpbronne wat die skool het, die deurvloeisyfer tot betrekking met die verhouding van leerders wat wiskunde en wetenskap as vak tot matriek het, sowel as die algehele slaagsyfer.

Mnr. Willie van der Merwe, skoolhoof van Potchefstroom Gimnasium, noem dat die hele skool verheug is oor die toekenning. Al was hy nie in die hoof se stoel tydens die suksesvolle jaar nie, glo hy dat die skool net op hierdie prestasie kan voortbou en aanhou om uitstekende resultate te lewer wat die skool se naam op almal se lippe sal hê.

“Kwaliteit onderrig van kwaliteit personeel wat die ekstra myl stap en leerders die geleentheid gee om maksimaal te presteer maak deel uit van die sukses van Gimmies. Daar is geen plaasvervanger vir kundigheid en harde werk nie,” sê Van der Merwe. Hy noem ook dat hy graag wil seker maak dat Gimmies se leerders genoeg blootstelling kry om gereed te wees vir die tersiêre vlak na skool.

“Ek sal graag wil sien dat daar op tegnologiese vlak gereeld blootstelling is en dat kinders gereed sal wees om na skool ook te presteer en maklik aan te pas op universiteit.”

Van der Merwe is nou sowat twee maande in die hoof se stoel en meen dat hy vinnig tuis voel oor die omgewing wat die leerders en personeel op ‘n daaglikse basis skep.

“Gimmies is kwaliteit kinders wat ‘n mens in die oë kan kyk en ek kan met hulle vereenselwig. Die personeel verander water in lemonade en is altyd bereid om hulle moue op te rol om die sukses van die skool te verseker.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button