NewsNews

Werknemers trap nou fiets om stygende petrolpryse te vermy

Met die prys van brandstof wat die hoogtes inskiet het werknemers by Jonker Sailplanes die inisiatief geneem om ‘n alternatiewe vervoeroplossing te vind.

Met die prys van brandstof wat die hoogtes inskiet het werknemers by Jonker Sailplanes die inisiatief geneem om ‘n alternatiewe vervoeroplossing te vind.

58 werknemers het besluit om in reaksie op stygende brandstofpryse vir hulle werkgewer, Jonker Sailplanes, te vra om met die aankoop van fietse vir daaglikse vervoer te help.

Werknemers van Jonker Sailplanes juig oor hulle nuwe fietse. Foto: Verskaf.

Jonker Sailplanes het toe ingestem en werknemers kon hulle fietse self kies. Die groot dag het op Vrydag, 13 Mei aangebreek toe hulle met hul nuwe fietse verras is. Dit was moeilik om die glimlagte van hulle gesigte af te haal.

Werknemers betaal dan oor ‘n tydperk deur middel van ‘n transportskema af aan hulle fietse, wat die werk aangekoop het. Met hierdie inisiatief werk dit dan baie goedkoper as publieke vervoer uit.

Op hierdie manier is die werknemers se finansiële las ligter, hulle kry goeie oefening in en het ‘n nuwe fiets wat hulle kan oppas en gebruik om gemakliker van punt A na B te kan reis.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button