‘n Familie van Thabazimbi is op soek na Twanette Claassen wat Donderdag (15 September) na ‘n besoek aan haar suster in Potchefstroom, moes teruggekeer het huistoe.
Toe sy nog nie Vrydag terug is by die huis nie, is sy as vermis gerapporteer.
Volgens haar seun, Dwayne, het die familie gister (Vrydag, 16 September) ‘n vermiste saak by die polisie oopgemaak. Sy ma het nog nie haar foon geantwoord nie.
Twanette is laas in Potch in ‘n wit Renault Triber gesien. Die motor se registrasienommer is KJV534NW.
As enige iemand inligting het kan Jacques by 084 573 4517 of die SAPD in Potchefstroom geskakel word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



