SportSport

NWU oorwin UJ om Varsity Netbaltoernooi op hoë noot te begin

'n Fantastiese laaste vyftien minute het die wedstryd vir die NWU beklink

Die NWU se Varsity Netbalspan het hulle 2022-toernooi met ‘n indrukwekkende 60-48 oorwinning teen die Universiteit van Johannesburg (UJ) vanmiddag (Saterdag, 17 September) begin.

NWU afrigter, Elsunet du Plessis, se span het ook ‘n bonuspunt behaal aangesien hulle meer as 50 punte aangeteken het.

Die NWU se Varsity Netbalspan vier hulle oorwinning teen UJ in die Rembrandt-saal in Pretoria. Foto: Varsity Sports.

‘n Fantastiese laaste vyftien minute het die wedstryd vir die NWU beklink, nadat hulle meeste van die wedstryd ‘n ses punt voorsprong teen hulle oranje teenstanders gehad het.

Die NWU verdediger, Martiné Jordaan, is as die speler van die wedstryd aangewys.

Die NWU kom Sondag (18 September) teen UWK om 13:00 te staan. Die wedstryd sal ook op Supersport uitgesaai word.

Martiné Jordaan is as die Speler van die Wedstryd aangewys. Foto: Varsity Sports

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button