
Die NWU se Varsity Netbalspan het hulle 2022-toernooi met ‘n indrukwekkende 60-48 oorwinning teen die Universiteit van Johannesburg (UJ) vanmiddag (Saterdag, 17 September) begin.
NWU afrigter, Elsunet du Plessis, se span het ook ‘n bonuspunt behaal aangesien hulle meer as 50 punte aangeteken het.

‘n Fantastiese laaste vyftien minute het die wedstryd vir die NWU beklink, nadat hulle meeste van die wedstryd ‘n ses punt voorsprong teen hulle oranje teenstanders gehad het.
Die NWU verdediger, Martiné Jordaan, is as die speler van die wedstryd aangewys.
Die NWU kom Sondag (18 September) teen UWK om 13:00 te staan. Die wedstryd sal ook op Supersport uitgesaai word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.