By Vision Works is kliënte die appel van hul oë
Die vriendelike Vision Works-span bestaan uit Belinda Coetzee (oogkundige), Morné Human (praktykbestuurder), Karen Scheepers (ontvangs) en Heila McNally (laboratoriumbestuurder).
Vision Works Optometrists in Canal Crossing Mall is ‘n oogkundige praktyk wat al vir agt jaar oogsorgdienste en produkte in Potchefstroom verskaf.
Die vriendelike Vision Works-span bestaan uit Belinda Coetzee (oogkundige), Morné Human (praktykbestuurder), Karen Scheepers (ontvangs) en Heila McNally (laboratoriumbestuurder).
Die praktyk het in Julie 2021 na ‘n nuwe perseel in dieselfde sentrum geskuif en spog nou met ‘n nuwe, ruim en moderne voorkoms.

Die sleutel tot gesonde oë en gemaklike visie is ‘n gereelde oogondersoek. ‘n Volledige oogtoets elke twee jaar word vir die meeste mense aanbeveel.
Soms moet ‘n persoon meer gereeld toets, afhangend van die tipe probleem.
“Die vordering in tegnologie maak dit vir oogkundiges moontlik om ernstige oogprobleme soos gloukoom en ouderdom-verwante makulêre degenerasie baie vroeër op te tel.
Met foto’s van die binnekant van die oog, kan ons oor tyd geringe veranderinge aan die optiese senuwee, bloedvate en retina makliker raaksien.

‘n Sonar van die oog gee gevorderde inligting oor die integriteit van die dieper senuwee vesellae van die retina.
Hoe vroeër oogprobleme geïdentifiseer word, hoe makliker kan dit behandel word” meen Coetzee.
In 2022 het Vision Works ook ‘n mini-lenslaboratorium oopgemaak, waar ‘n afstand- of leesbril binne 30 minute gemaak kan word.
Brille met hoë voorskrifte, bifokale en multifokale lense neem egter steeds langer, omdat dit pasgemaak moet word deur hul laboratorium in Johannesburg.
Alle herstelwerk en verstellings aan bestaande brille word gratis gedoen.
In Oktober alleenlik het Vision Works ‘n fantastiese promosie waar ‘n volledige oogtoets, met aanbieding van die meegaande koepon, slegs R90 is.
Kom wys gerus oë en word deel van die Vision Works familie.






