Local newsNewsNews

“Genoeg is genoeg” – Promosa Sekondêr se ouers hou optog voor skool

Bekommerde ouers van Promosa Sekondêre Skool het vanoggend (Dinsdag, 11 Oktober) voor die skool se hoofhek ‘n optog gehou om hulle misnoeë oor die skool se beheerliggaam en algehele toestand van die skool te beklemtoon.

Bekommerde ouers van Promosa Sekondêre Skool het vanoggend (Dinsdag, 11 Oktober) voor die skool se hoofhek ‘n optog gehou om hulle misnoeë oor die skool se beheerliggaam en algehele toestand van die skool te beklemtoon.

Die groep ouers versoek dat die skool se beheerliggaam moet ontbind weens gerugte dat daar glo finansiële ongeruimthede plaasvind.

“Die skool se beheerliggaam funksioneer nie soos dit moet nie. Ons wou saam met die beheerliggaam werk om beter omstandighede vir ons kinders te skep. Dit gaan oor ons kinders se toekoms. Niks het daarvan gekom nie. Ons wil hê die skool se beheerliggaam moet onmiddelik ontbind word. Hierdie is nog ‘n vreedsame optog, en ons hoop dat ons gehoor sal word,” noem meen een van die ouers, John Mcdonel.

John Mcdonel gesels met tdie groep bekommerde ouers tydens die protes vanoggend voor Promosa Sekondere Skool. Foto: Wouter Pienaar.

Sumaya May, nog ‘n bekommerde ouer noem dat die skool se finansies nie op standaard is nie en dat prosedures ook nie gevolg word nie.

“Ek stem ook saam dat ouditeure ingeroep moet word om te kyk na die finansiele situasie van die skool,” noem sy.

Sarah Opperman, ‘n oud-leerder van Promosa Sekondêr, noem ook dat daar ‘n gebrek aan dissipline by die skool is.

“Die kinders kom 08:00 eers by die skool aan, soms is hulle ook gerook en daar is ‘n misbruik van dwelms ook. Daar is kinders wat wil leer en dan word daar gedurig ontwrigting. Hierdie was ‘n uitstekende skool met A-studente en kyk waar is dit nou,” meen sy.

Bekommerde ouers en familielede van die skool se leerders is al keelvol vir die agteruitgang by Promosa Sekondere Skool. Foto: Wouter Pienaar

Rachel Jacobs, nog ‘n ouer meen dat Afrikaans ook as voertaal gebruik moet word by Promosa Sekondêr.

“Dit benadeel die kinders as hulle nie in Afrikaans, hulle huistaal kan leer nie, omdat van die onderwysers nie die taal magtig is nie,” meen Jacobs.

Hitler Reid, nog ‘n besorgde inwoner van Promosa, is baie teleurgesteld in hoe die klasse ook hanteer word.

“Onderwysers kan nie Afrikaans praat nie, en dit benadeel die kinders. Afrikaans is deel van ons identiteit, geskiedenis en kultuur. Dit is moeilik vir die kind om dan ook huiswerk te doen omdat die ouers nie Engels op dieselfde vlak as Afrikaans verstaan nie. Dit is die effek wat die parralelmedium onderrig op ons kinders het en ek glo hoekom die uitslae jaarliks verswak,” noem Reid.

Sarah Opperman noem dat daar drastiese verandering moet plaasvind by die skool.

Een van die punte waaroor die optog gehandel het, was ook die feit dat daar nie genoeg onderwysers is nie, wat die kwaliteit van onderrig belemmer.

“Die skool sit sonder ‘n permanente hoof vir meer as 5 jaar. Niemand kom terug na ons toe oor wat in ons skool aangaan nie. In die eerste kwartaal het van die leerders nie onderwysers gehad nie. Daar is gerugte dat die skoolgeld gebruik vir hul eie gewin. Dit kan nie so aangaan nie en daar moet ‘n onafhanklike ouditeur aangestel word om na die boeke te kyk. Ons wil weet wat by die skool aangaan. Hier is nou chaos en genoeg is genoeg,” meen Mcdonel.

Mcdonel noem ook verder dat mev. Rinah Sebolai, die kringbestuur van die Dr. Kenneth Kaunda distrik, ook nog nie aandag aan hulle besware gegee het nie. Hulle versoek ook dat sy uit haar pos verwyder moet word.

Plaaslike polisie en verkeer was ook op die toneel om die situasie te monitor. Die leerders en onderwysers het teen 08:30 in die skoolgronde inbeweeg.

Die Herald het vir die Departement van Onderwys navraag gestuur en die voorsitter van die skoolbeheerliggaam gekontak maar nog nie terugvoer gekry nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button