Local newsNewsNews
Gewapende rowers weg met selfone
Twee verdagtes het gistermiddag (Maandag, 10 Oktober) tussen 12:00 en 13:00 ‘n besigheid in die Vyfhoek-omgewing beroof.

Twee verdagtes het gistermiddag (Maandag, 10 Oktober) tussen 12:00 en 13:00 ‘n besigheid in die Vyfhoek-omgewing beroof.
Werkers is met kabels vasgebind en agter in die winkel gehou. Twee selfone en 1 beursie word vermis.
Volgens NW polisiewoordvoer, Lt. Kol. Amanda Funani ondersoek die polisie tans ‘n besigheidsroof.
“Twee onbekende verdagtes het in ‘n selfoonwinkel gegaan en kluissleutels en selfone geëis. Hulle het uit die winkel met twee selfone gevlug wat aan die personeel behoort het. Die verdagtes het met ‘n Toyota Corolla van die toneel gevlug. Niemand is beseer nie en daar is geen arrestasies op hede gemaak nie,” noem Funani.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



