Local newsNewsNews

Petisie opgestel na Nuwejaars musiekfees tot vroeë oggendure duur

In die aanlyn petisie word daar veral aandag gevestig op verskeie vrae rondom hierdie musiekfees.

Die Jazz Musiekfees wat Sondag, 1 Januarie om 12:00 begin het en tot Maandagoggend, 2 Januarie om
06:00 geduur het, is vir talle inwoners in die Dam-area onaanvaarbaar. Dit is weens die feit dat musiek baie van die inwoners wat naby die Potch Dam en omliggende areas woon, wakker gehou het.

‘n Aanlyn-petisie is deur ‘n inwoner opgestel om te versoek dat die musiekfees, wat
deur Big Daddy 24/7 Events gereël is, die komende jaar ‘n redelike tyd sal duur.
Die meeste klagtes oor die fees was ook oor die feit dat daar nie publieke deelname rondom die beplande
tydsduur, sowel as die beweerde gebruik van munisipale werkers om die terrein weer na die funksie op te
ruim, was nie.

In verband met die uitverhuring van munisipale eiendom moet die
munisipaliteit die nodige wette, reëls en regulasies aan die organiseerders kommunikeer.

Daarná word die aansoek tesame met bogenoemde dokumentasie na die
provinsiale polisie vir risikoklassifisering geneem.

In die aanlyn-petisie word daar veral aandag gevestig op verskeie vrae rondom hierdie musiekfees, rakende oortyd betaling van werkers ter voorbereiding van die geleentheid en skoonmaak na
die geleentheid.

Die JB Marks Plaaslike Munisipaliteit se woordvoerder, Jeanette Tshite noem dat die munisipaliteit wel die terrein voor die fees skoongemaak het en dit aan Big Daddy Event oorhandig op 30 Desember 2022.

“Big Daddy Events het ‘n aansoek by SAPD ingedien en ‘n goedkeuring is verleen met reëls en regulasies wat van toepassing is op die begin- en eindtyd van die byeenkoms. Daar is vooraf vergaderings gehou met raadslede van wyke wat nader aan beide Potchefstroom Dam en Trimpark is om gesprekke te voer rondom die twee geleenthede wat sou plaasvind,” noem sy.

Tshite noem ook dat Big Daddy Events wel tien dae vooraf die Jazzfees geadverteer om mense bewus te maak van die fees.

Daddy Masilo, die organiseerder van Big Daddy 24/7 Events het by navraag genoem dat
die eiendom (Potchefstroom Dam) vanaf 30 Desember – 2 Januarie vir
die doeleindes van die Jazzfees uitverhuur is.

Hy het ook bevestig dat sy eie personeel die fasiliteit skoongemaak het en dat hy nie munisipale beamptes gebruik het nie.
“Ek het my eie personeel gebruik en teen 13:00 op Maandag, 2 Januarie, was die terrein opgeruim. Daar was ook geen insidente nie, en beide die feeste op die Trimpark, 16 Desember en by Potch Dam was ‘n groot
sukses.

“Ons het 10 000 mense by Potch Dam verwag en ongeveer 10 800 het opgedaag en die musiek geniet,” noem hy.

“Dagbesoekers is toegelaat om Potchefstroom Dam binne te gaan onmiddellik nadat Big Daddy Events die fasiliteit aan die Munisipaliteit teruggegee het. Mense is toe toegelaat om vir die naweek ná die geleentheid te kon bespreek,” noem Tshite verder rakende die gebruik van die fasiliteit.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button