Foto’s: Groot pret by Woel en Werskaf se sirkus-karnaval
Woel en Werskaf Kleuterskool het vanjaar hulle trotse karnaval-tradisie voortgesit met kleurvolle sirkustema karnaval op Vrydag, 3 Maart.
Woel en Werskaf Kleuterskool het vanjaar hulle trotse karnaval-tradisie voortgesit met ‘n kleurvolle sirkustema karnaval op Vrydag, 3 Maart.
Daar was ‘n groot verskeidenheid speletjies, ‘n gesigverfstalletjie, sowel as heerlike kos en stroopsoet lekkernye vir die jongspan en ouers om te geniet.
Wie kan nou nie ‘n Pan(nar)koek weerstaan nie?
Dit is sulke oulike woordspeling wat ook saam met die sikustema van die 2023 karnaval gepaardgegaan het.

Foto’s: Wouter Pienaar
Dit was behoorlik ‘n fees wat ‘n vinnige reënbui ook nie eers kon belemmer nie.
“Dit was ‘n uiters suksesvolle sirkus karnaval. Die ondersteuning van ons ouers en gemeenskap is net ongelooflik. Wat ‘n voorreg,” noem Augusta Retief, die hoof van Woel en Werskaf Kleuterskool.
Foto’s: Verskaf


















