Local newsNewsNews
Twee kritiek na motorongeluk op die N12 by Ikageng
Die twee dames (bestuurder en passasier) wat in die Audi vasgesit het, het albei kritieke beserings opgedoen en is per ER24-ambulans na Potch Hospitaal afgevoer.
Twee mense is kritiek en twee ander matig beseer na ‘n motorongeluk vanoggend (Sondag, 5 Maart) op die N12 naby die ingang van Sarafina-straat in Ikageng.
Die bestuurders van ‘n wit Audi en minibus-taxi het in mekaar net voor 07:00 vasgery. Dit is nog onseker presies hoe die ongeluk plaasgevind het.


Die twee dames (bestuurder en passasier) wat in die Audi vasgesit het, het albei kritieke beserings opgedoen en is per ER24-ambulans na Potch Hospitaal afgevoer. Die twee passasiers in die taxi is ook hospitaal toe weens matige beserings.
ER24, EMRS sowel as Mooirivier Beskerming First Responder en SAPD was op die toneel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



