Local newsNewsNews

Sangsensasie Amira slaan asems weg in Bethulie

Amira het op 19 Maart opgetree in die Residentia Ouetehuis. Haar oorlede Ouma Else se suster Nettie de Goede en haar man Hennie de Goede is inwoners in Residentia.

Amira Willighagen, die bekende sangeres en oud-Potch Gimmie wat in 2022 met agt onderskeidings matrikuleer het, het tydens haar Stichting Gelukskinders by die Residentia Ouetehuis in Bethulie vir ‘n wonderlike optrede gesorg.

Amira het op 19 Maart opgetree in die Residentia Ouetehuis. Haar oorlede Ouma Else se suster Nettie de Goede en haar man Hennie de Goede is inwoners in Residentia. Amira het CD’s vir haar tante gestuur, maar het die kans om te kan optree met twee hande aangegryp. Willighagen het die aria “O Mio Babbino Caro”, “Zoals Vrienden Doen”, “How Great Thou Art”, “Jerusalem”, “The Lord’s Prayer”, en “Halleluja” deur Annelie van Rooyen opgetree.

Amira Willighagen tree op in Residentia, Bethulie. Foto: Verskaf.

Willighagen was op ‘n Stichting Gelukskinders-toer van Potchefstroom na die Kaap waar sy in Franschhoek saam met ‘n plaaslike inisiatief ‘n speelparkie opgerig het vir kinders by twee creches in minderbevoorregte gebiede. Die Stichting Gelukskinders het al 18 speelparkies rondom Potchefstroom opgerig wat deur die afgelope 9 jaar steeds onderhou word.

Amira Willighagen en haar ma Frieda Brand saam met die lede van die Gelukskinders stichting. Foto: Verskaf.

“Later wanneer ek ouer is sal ek seker maak daardie kinders kry ‘n speelparkie.” Dit was die woorde van sewe-jarige Amira wat saam met haar ma, Frieda Brand, deur Ikageng gery het en opgelet het dat daar geen speelparkies vir die kinders is nie. Met tyd het die Stichting Gelukskinders ontstaan, ‘n stigting wat speelparkies bou en onderhou vir kinders,

Amira en haar ma Frieda was baie verras deur die hartlike verwelkoming wat hulle in Bethulie ontvang het, en het besluit om dit in te sluit by hul roete Kaap toe wanneer Amira haar musiekstudie volgende jaar daar sal begin.

Besoek https://www.gelukskinders.org/en/ om meer te leer oor Stichting Gelukskinders, asook hoe jy ‘n bydrae kan maak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button