Local newsNewsNews

Polisie reik meer as 6000 verkeersboetes uit tydens paasnaweek

Altesaam 6 411 padverkeersboetes is aan motoriste uitgereik. 139 boetes is uitgereik vir drankverwante oortredings.

Die polisie, verkeerspolisie en wetstoepassers het in Noordwes gedurende die paasnaweek vanaf 6-10 April hulle Paseka-veldtog voortgesit en talle arrestasies gemaak om die gemeenskap langs hoofroetes tydens die langnaweek te beskerm en beveilig.

NW polisiewoordvoerder, Brigadier Sabata Mokgwabone, het bevestig dat altesaam 6 547 voertuie gestop en deursoek is. Verder is 14 998 individue ook regoor Noordwes deursoek.

“Altesaam 6 411 padverkeersboetes is aan motoriste uitgereik. 139 boetes is uitgereik vir drankverwante wette oortredings. Daar is beslag gelê op dwelms soos mandrax-, tik, verskeie drank en koperkabels,” noem Mokgwabone in ‘n persverklaring.

Hy het ook bevestig dat ‘n totaal van 349 verdagtes tussen 6-10 April in Noordwes gearresteer is.

Misdrywe waarvoor daar arrestasies uitgereik is, sluit in aanranding met die doel om ernstig te beseer, moord, huisroof, verkragting, besit en handel in dwelms, dronkbestuur en die onwettige besit van vuurwapens.

Noordwes Provinsiale Kommissaris, Lt-Gen Sello Kwena het beklemtoon dat die polisie in samewerking met ander wetstoepassingsagentskappe en verskeie belanghebbendes sal voortgaan om algemene veiligheid te verseker.

Die polisie het oor die 6000 verkeersboetes uitgereik tussen 6-10 April in Noordwes.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button