NewsSportSport

Kleinplaas parkrun vier eerste verjaarsdag hierdie Saterdag

Dit is ook die 37ste Kleinplaas parkrun wat aangebied word.

Dit voel net soos gister toe die Kleinplaas parkrun sy debuut gemaak het in Potchefstroom en ‘n platform geskep het vir die drawwers en stappers van alle ouderdomme om Saterdae op ‘n aktiewe wyse te begin.

Komende Saterdag, 15 April 2023 om 08:00 gaan die Kleinplaas parkrun hulle eerste verjaarsdag vier. Die behoort nie misgeloop te word nie. Dit is ook die 37ste Kleinplaas parkrun wat aangebied word.

Die Kleinplaas parkrun volg dieselfde patroon van ongeveer 200 ander parkruns wat in Suid-Afrika en 2189 wat wêreldwyd in 23 lande plaasvind.

Die parkrun is oop vir enige persoon wat ‘n begeerte het om te hardloop, net draf of net stap tussen 10 en 110 jarige ouderdom. Daar is ook geen koste verbonde nie, net ‘n eenmalige registrasie wat wêreldwyd erken word, en siedaar is jy een van die ses miljoen wat al reeds geregistreer het.

Feitlik alle parksruns word op privaateiendom aangebied wat vrywilligers en deelnemers onderhou. ‘n Entoesiastiese span vrywilligers maak seker dat deelnemers se gesondheid, gemoedsrus en welwillendheid hulle eerste prioriteit is.

Interessante statistieke:

In Suid Afrika verlede naweek (Saterdag, 8 April) was daar:

  • 185 parkruns
  • 25303 deelnemers
  • 2420 volunteers
  • 1343 eerste keer deelnemers.

Wêreldwyd is die statistiek soos volg:

  • 2189 parkruns
  • 239131 deelnemers
  • 36156 volunteers
  • 11563 eerste keer deelnemers.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button