Rek jou rande met Jaco kwadraat se nuwe videoreeks
Twee slimkoppe op die gebied van finansiele beplanning, Prof. Jaco Fouché en Jaco Barnard, bied ‘n opwindende videoreeks vanaf Woensdag, 19 April aan.
Twee slimkoppe op die gebied van finansiele beplanning, Prof. Jaco Fouché en Jaco Barnard, bied ‘n opwindende videoreeks vanaf Woensdag, 19 April aan.
Hierdie videoreeks begin om 18:00 en beloof om insiggewende sessies oor persoonlike finansies in ‘n nuwe en toeganklike manier aan te bied. Episode 1 gaan juis oor vakansies handel – iets waar finansies nog altyd ‘n groot rol gespeel het.
Volgens Fouché sal daar weekliks videos aangebied word in hierdie reeks met die doel om vir die gemeenskap ‘n diens te lewer.

“Die idee rondom hierdie reeks is om vir die publiek wenke oor hulle persoonlike finansies en die bestuur daarvan op ‘n prettige manier te bied. Hierdie videoreeks is op die konsep van die program Top Gear gebaseer. Net soos daar in daardie program vir die kyker iets interessant vertel word, terwyl hulle meer oor motors leer, wil ons ook daardie ervaring vir dye kyker gee met betrekking tot geld en persoonlike finansies. Indirek word daar inligting verskaf wat baie toeganklik is,” noem Fouché.
Fouché is ‘n professor en programleier vir Bestuursrekeningkunde by die Skool van Rekeningkundige Wetenskappe op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit.
Jaco Barnard is ‘n senior lektor en vakhoof in bestuursrekeningkunde by die Skool vir Rekeningkundige Wetenskappe aan die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU).
Vir meer inligting kan die volgende skakels besoek word:
Youtube: https://www.youtube.com/@jaco2
Facebook: https://www.facebook.com/jacokwadraat
Instagram: https://instagram.com/jacokwadraart?igshid=ZDdkNTZiNTM=
TikTok: https://www.tiktok.com/@jacokwadraat





