Local newsNewsNews

Nuwe paddaspesie na NWU professor vernoem

Daar is nou ‘n paddaspesie in die Suide van Madagaskar wat na Prof. Louis du Preez, professor in dierkunde aan die Noordwes-Universiteit (NWU) vernoem is.

Daar is nou ‘n paddaspesie in die Suide van Madagaskar wat na Prof. Louis du Preez, professor in dierkunde aan die Noordwes-Universiteit (NWU) vernoem is.

‘n Groep Duitse wetenskaplikes van die Universiteit van Braunschweig, Landesmuseum in Darmstadt en die Dierkundige Museum in München het vir Prof Du Preez hierdie erkenning gegee.

Hierdie nuwe spesie is nou wetenskaplik bekend as Blommersia dupreezi en is deel van die Blommersia genus.

Prof Louis du Preez het ‘n groot passie vir paddas en die navorsing van spesies. Foto: Verskaf.
Blommersia Dupreezi, ‘n nuwe paddaspesie wat in die Suide van Madagaskar ontdek is.

“Ek voel baie geeer dat die padda na my vernoem is en dankbaar teenoor die wetenskaplikes wat die artikel geskryf het. Op molekulere vlak het dit ‘n besondere posisie en is heel basaal. Die padda verskil baie van enige ander spesie binne die Blommersia genus,” noem Du Preez, wie by Eenheid van Omgewingswetenskappe en Ontwikkeling by die NWU is.

Hy het tussen 2002 en 2014 in Madagaskar gewerk en alreeds baie navorsingswerk aangepak waar daar twee nuwe genera en meer 16 nuwe parasietspesies beskryf is.

“Hierdie parasiete het unieke lewensiklusse en daar is nog heelwat vrae wat onbeantwoord is,” noem hy.

Prof. Louis du Preez.

Hierdie professor se belangstelling in paddas is ‘n direkte resultaat van sy navorsing oor parasiete.

“My studies het op parasiete begin en ek het besef dat ek slegs die parasiete en hul lewensiklusse behoorlik kan verstaan as ek die padda verstaan. Op die manier het ek paddas begin bestudeer. Ons ontdek en beskryf steeds nuwe spesies in Afrika,” vertel hy.

Prof. Du Preez, wat bekend is vir sy werk op die gebied met paddas met sewe boeke agter sy naam soos The Field Guide to Frogs of Southern Africa sowel as ‘n App wat hy saam met Vincent Carruthers vrygestel het.

“Die app (toep) help die publiek baie om paddas te identifiseer of om vas te stel watter paddas in ‘n area aangetref kan word,” sê hy.

Hy het ook pas ‘n boek voltooi oor polistoomparasiete van die wêreld wat later vanjaar vrygestel sal word. Hy is ook voortdurend besig om nuwe foto’s en videogrepe te versamel om die toep te verbeter.

Prof du Preez se grootste inspirasie is sy familie. Hy noem ook dat die bevredigendste deel van sy werk is om saam met die top gehalte studente aan die NWU te werk en oud-studente se loopbane se volg.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button