Outisme: Wye spektrum beteken dat almal nie onder dieselfde kam geskeer word nie
Die Potchefstromer en student in Vertaalkunde, Lize Botha (24) is wel nie met outisme gediagnoseer nie, maar sy voel dat sy eienskappe van outisme het en op die spektrum is.
As ‘n persoon nie met outisme gediagnoseer is nie, beteken dit nie dat hy of sy nie op die outisme-spektrum is nie.
Die Potchefstromer en student in Vertaalkunde, Lize Botha (24) is wel nie met outisme gediagnoseer nie, maar sy voel dat sy eienskappe van outisme het en op die spektrum is.

noem dat sy verskeie eienskappe
van outisme toon,
al is sy nie met
outisme gediagnoseer nie.
Outisme het ‘n wye spektrum en twee persone wat met outisme gediagnoseer is kan soortgelyk optree,
maar is nie identies met betrekking tot hulle karaktereienskappe nie.
Lize is skaam en sukkel om met mense te gesels en word ook maklik oorgestimuleer deur veral harde klanke en die tekstuur van kos – iets waarmee baie mense met outisme sukkel om by aan te pas.
“Ek is aandagafleibaar en stres maklik. Ek het spesifieke belangstellings en hou van roetine,” voer
sy aan.
Lize het juis ‘n groot voorliefde vir animasie, anime, manga (Japannese
animasie) en teken – iets waarvoor sy veral baie talent het.
“Ek hou van flieks kyk en hou ook van die klassieke musiek klankbane in flieks,” vertel sy verder.
Lize is ‘n prematuurbaba wat drie maande te vroeg gebore is. Sy is in
Vereeniging gebore, maar het ook in Potchefstroom by Laerskool Baillie Park en Hoërskool Ferdinand Postma skoolgegaan. Sy noem dat skool soms moeilik was omdat sy nie gevoel het dat sy altyd inpas nie.
“Ek het baie keer anders as ander kinders gevoel en wou nie altyd aan
sekere aktiwiteite deelneem nie,” vertel Lize, wat tans ook ander jong kinders met outisme by The Olive Tree skool assisteer.

Sy meen ook dat outisme nie altyd verstaan word nie, omdat mense nie daaraan gewoond is nie en nie die
blootstelling kry nie.
Dit is juis die doel van Outisme maand in April om mense meer oor outisme te leer en mense met outisme te aanvaar en te respekteer.
“Ek dink outisme is nie noodwendig ‘n afwyking nie en is net ‘n ander manier hoe die brein werk.
Mense kan meer blootgestel word aan outisme en daarvan leer om
meer aanvaarding te hê.”




