SportSport

Groot opwinding vir Glasfit 9T20 eindstryde hierdie Sondag

Agt spanne het gedurende die 22/23 seisoen die balle grens toe gemoker en paaltjies laat spat.

Die immergewilge Glasfit 9T20 Sosiale en Besigheidskrieketliga bied hulle T20 krieketeindstryde hierdie
komende Sondag, 23 April by die Reinke Oval (Ou Stapelberg-stadion) op die Potchefstroom Weermagbasis
se krieketvelde.

Die krieketveld het ‘n nuwe baadjie aangetrek met ‘n hele paar opknappings.
Agt spanne het gedurende die 22/23 seisoen die balle grens toe gemoker en paaltjies laat spat.
Daar was ook goeie kompeterende gees tussen die spelers en spanne.

Bepalings:

  • Glasfit Potchefstroom speel in die A-finaal teen Superstars om 14:00.
  • Intelligro Kings vat vir Spartans aan in die B-finaal om 11:00.
  • Wenkem Rejects en Jaguars spook sake uit in die C-finaal om 08:00.
  • Terselfdertyd sal die Snipers en Reapers teen mekaar op Boys High se velde speel vir die 7de en 8ste plek om 14:00.

Die Glasfit 9T20 organiseerder, Christo van Wyk, nooi die publiek om na hierdie opwindende eindstryde te kom kyk en die manne te kom ondersteun. Dit beloof om ‘n dag propvol aksie te wees.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button