Local newsNewsNews

Die Wilge adjunkhoof aangewys as top onderwyser in Noordwes

Rita Clarke het hierdie hoogstaande toekenning verwerf nadat sy vanaf 2020-2022 die meeste punte in drie kategorieë behaal het wat die professionele ontwikkeling van onderwysers meet.

Die senior adjunkhoof van Hoërskool Die Wilge, mev. Rita Clarke, is deur die Suid-Afrikaanse Raad vir Opvoeders (SARO) as die top onderwyser in Noordwes aangewys.

SARO se fokus is om die status van die onderwysprofessie deur toepaslike registrasie te verbeter en die professionele ontwikkeling en inskerping van ‘n etiese kode vir alle opvoeders te bestuur.

Clarke het hierdie hoogstaande toekenning verwerf nadat sy vanaf 2020-2022 die meeste punte in drie kategorieë behaal het wat die professionele ontwikkeling van onderwysers meet. Sy het die voortgesette professionele onderwyserontwikkeling (CPTD) aktiwiteite voltooi om in aanmerking te kom vir hierdie toekenning.

Rita Clarke is deur die Suid-Afrikaanse Raad vir Opvoeders (SARO) as die top onderwyser in Noordwes aangewys. Foto: Verskaf

Hierdie aktiwiteite sluit in selfgeïnisieerde-, skoolgeïnisieerde-, sowel as aktiwiteite wat SARO self onderskryf. Die hoofdoel hiervan is om op professionele vlak in die onderwys te groei.

“Dit is vir my ‘n baie groot eer. Ek is die enigste Potchefstromer in die top 5 en om die beste in die provinsie te wees, beteken baie vir my. Ek is baie bevoorreg,” noem Clarke wat al 21 jaar by Die Wilge skoolhou en ook vir 10 jaar die senior adjunkhoof-pos beklee.

Clarke gee ook natuurwetenskappe vir jaar 2 en persoonlike en sosiale welstand vir jaar 3 as onderwyser by Die Wilge, wat ‘n skool vir leerders met spesiale onderrigbehoeftes (LSOB) is. Sy noem dat dit belangrik is dat onderwysers gedurig verbeter en daarvan moet hou om te leer.

“Dit is belangrik om te groei en ek moedig onderwysers aan om ook aan die aktiwiteite deel te neem. My persoonlike siening is dat onderwysers nie altyd erken word vir die baie werk wat hulle insit nie. Hierdie toekenning is ‘n bewys dat onderwys baie belangrik is en dat harde werk raakgesien word.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button