Local newsNewsNews

Baillies vier Wêreldboekdag op prettige wyse

Vir drie dae kon die kinders en ouers inkopies doen in Baillies se skoolsaal.

Laerskool Baillie Park se leerders het op Vrydag, 21 April die belangrikheid van lees en boeke in die moedertaal op kreatiewe wyse gevier.

Hulle het aangetrek soos Disney storieboekkarakters, terwyl daar ook ‘n boekuitstalling in die skoolsaal gehou is om Wêreldboekdag te vier.

Vir drie dae kon die kinders en ouers inkopies doen in Baillies se skoolsaal. Bekende uitgewers soos NB Uitgewers, Lapa en Fantasi se boeke is beskikbaar gestel. Die leerlinge het ‘n vrywillige bydrae gemaak om hulle kostuums te wys en die fondse sal aangewend word om nuwe boeke vir die Mediasentrum aan te koop. Daar was natuurlik ook pryse vir die leerlinge met die meeste inisiatief. Dit was ‘n heerlike prettige dag waarin al die leerlinge, en selfs die onderwysers deel gehad het.

Op 23 April 1995 is die eerste Wêreldboekdag gehou. Die dag word gevier ter bewusmaking van die belangrikheid van lees en boeke in die moedertaal. Lees het ‘n enorme effek op kinderontwikkeling en die ontwikkel taalvaardighede, begrip, kritiese denke en wakker ook die verbeelding aan.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button