SportSport

Gimmies is koning van die kleiner sporte

Gimmies eindig die NWU Prestigereeks-finale met 'n hele rits medaljes.

Die 2023 NWU Prestigereeks het weer eens vir ‘n opwindende naweek van wintersportaksie gesorg waar die twee plaaslike deelnemende skole, Potchefstroom Gimnasium en Hoër Volkskool Potchefstroom vir medaljes en bekers kon kompeteer.

Gimmies was die groter wenner na hierdie naweek en lig die Kleiner Sporte trofee vir hulle uitnemendheid in skaak, tennis en landloop in vanjaar se Prestigereeks.

Gimmies se skaak en tennisspanne (saam met Wesvalia en Volkies) is as gesamentlike wenners gekroon. Die dogtershokkiespanne eindig algeheel derde saam met Hoërskool Hugenote van Springs.  Die o.14A dogtershokkiespan vat die eerste plek na ‘n 1-1 gelykop-uitslag teen Noordheuwel. Die o.15A hokkiespan neem derde plek na ‘n 2-0 wen teen Hoërskool Marais Viljoen. Die eerste span verloor 0-3 teen Noordheuwel en verkry sodoende die silwermedalje.

Die seunshokkiespanne eindig ook derde gesamentlik met Hoërskool Noordheuwel van Krugersdorp.

Die o.16A seunshokkiespan neem goud na ‘n 2-0 oorwinning teen Hoërskool Middelburg.

Gimmies vaar ook goed op die netbalbane en eindig algeheel vierde met vier spanne wat medaljes verower.

Die o.16A-span vat silwer na ‘n 29-13 nederlaag teen Montana. Die o.16 B, o.17B en tweede span neem ook silwer.

Gimmies se landloopatlete wys ook hulle staal op die Fanie du Toit Sportgronde met ‘n bronsmedalje in die NWU Prestigereeks.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button