Local newsNewsNews

Bestuurder ploeg deur twee baksteenmure

Volgens Mooirivier Beskerming het hul kliënt (eienaar van die huis) en die drywer ooreengekom dat die drywer die skade sal betaal.

‘n Motorbestuurder is deur twee mure van ‘n huis op die hoek van Wynnestraat en Paryslaan in Bailliepark vanmiddag (Sondag, 14 Mei).

Op die CCTV-videomateriaal kan gesien word omstreeks 14:33 hoe die motorbestuurder van ‘n wit Audi A3 stadig deur die baksteenmuur van die huis ry (Wynnestraat) voordat die kar tot stillstand in Paryslaan kom nadat dit deur ‘n tweede muur gery het.

Die motorbestuurder van hierdie wit Audi is deur twee baksteenmure vanmiddag (Sondag, 14 Mei) in Bailliepark. Foto: Bertus le Roux.

Niemand is tydens die voorval beseer nie.

Volgens Mooirivier Beskerming het hul kliënt (eienaar van die huis) en die drywer ooreengekom dat die drywer die skade sal betaal.

Die SAPD en verkeerspolisie was ook op die toneel. Daar word nie ‘n saak oopgemaak nie, maar die verkeersbeampte het ‘n boete uitgeskryf vir die bestuurder aangesien sy sonder ‘n lisensie bestuur het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button