Volkies se hokkiespanne het die afgelope week weer hul goed van hul taak gekwyt in onderskeie Noordwes-ligawedstryde.
Die dogters hokkiespanne kom teen Potchefstroom Girls High te staan met elke ouderdomsgroep wat oorwinnings behaal.
Die o.15A span is veral vuurwarm en wen 4-0, terwyl die eerste span in ‘n kompeterende stryd met 2-1 die wa deur die drif trek op Girls High se Astrobaan.
Volkies se seunsspanne het meer gemengde uitslae. Die eerste seunshokkiespan val vas met 2-1 teen KHS, terwyl die o.15A en o.16A spanne albei teen Hoƫrskool Rustenburg vasval.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



