Local newsNewsNews

Hobo die hond soek ‘n huis

Hierdie ratse hond wat as "Potch se spermbank" grappig gedoop is omdat hy baie honde swanger gemaak het, is onlangs gevang en wag nou vir iemand in Potch om hom sy nuwe huis te gee.

Hobo, ‘n Labrador-kruising rondloper-hond, wat vir die afgelope paar maande keer op keer PAWS se inspekteurs ontwyk het, is uiteindelik gevang.

Hierdie ratse hond wat as “Potch se spermbank” grappig gedoop is, is onlangs gevang en wag nou vir iemand in Potch om hom sy nuwe huis te gee. “Hy was ‘n stray vir ‘n lang ruk in die dorp gewees, dan bel mense en sê hy is daar en het hulle hond swanger gemaak. Ten minste het ons hom nou veilig in ons sorg,” vertel Tokkie Aucamp een van die PAWS beamptes wat Hobo gevang het.

Hobo en Tokkie Aucamp. Foto: Cornelia Hitge

Marlise Lessing  Aucamp van PAWS (Potchefstroom Animal Welfare Society) het hom gevang. “Ons het hom in ‘n groot deel van Potchefstroom Sentraal vir vier maande gejaag voor iemand hom in ‘n erf kon toemaak en ons hom kon vat,” sê Lessing.

Hobo in sy hok by PAWS. Foto: Verskaf.

“Hy was redelik bang en onseker toe ons hom gekry het maar hy het nou mooi ontdooi en in ‘n vriendelike ou man ontaard,” sê Lessing.

Hobo is tans min of meer sewe jaar oud, maar vol energie en vriendelikheid.

Hobo is gereed om aangeneem te word en is opgewonde om sy toekomstige familie te ontmoet.

Sy aannemingsfooi is R 850, en sluit in sterilisasie, ‘n mikro-opsporingsmeganisme, eerste inspuitings, en ontwurming.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button