Local newsNewsNews
Vrou kritiek na voertuig op Paryspad rol
Die vrou het kritieke beserings opgedoen en word met HALO Aviation se noodhelikopter na Johannesburg gevlieg vir verdere mediese behandeling.
Een vrou is kritiek beseer na ‘n motorongeluk op die Paryspad (R53) ongeveer 25 kilometer buite Potch, waartydens die voertuig gerol het.
Hierdie ongeluk het omstreeks 11:33 gebeur. Daar was net een voertuig in hierdie ongeluk betrokke.
Die vrou het kritieke beserings opgedoen en word met HALO Aviation se noodhelikopter na Johannesburg gevlieg vir verdere mediese behandeling.
Daar was ook twee ander insittendes in die voertuig wat geringe beserings opgedoen het.
Op die oomblik is die pad oop maar die pad sal weer gesluit word sodra die helikopter weer opstyg.
ER24 nooddienste en Mooirivier First Responder is ook op die toneel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!