Foto’s: Solo-uitstalling is ʼn visuele ervaring wat met die siel praat
Die plaaslike skilder, Elise Erasmus, se sielvolle en estetiese kunswerke het die publiek in vervoering gehad by haar besonderse eerste solo-uitstalling by die Snowflake-gebou op Vrydag, 18 Augustus.
Die plaaslike skilder, Elise Erasmus, se sielvolle en estetiese kunswerke het die publiek in vervoering gehad by haar besonderse eerste solo-uitstalling by die Snowflake-gebou op Vrydag, 18 Augustus.
Hierdie uitstalling getiteld “Letting Go” behels 61 kunswerke wat ‘n wye verskeidenheid tegnieke en medium bevat. Dit sluit onder meer figuratiewe werke soos figuurstudies, portretstudies sowel as landskappe, boottonele, as ook abstraksies, in.
‘n Groot groep mense het hierdie gesellige en indrukwekkende kunsuitstalling bygewoon en is ʼn bewys dat daar altyd ʼn groot waardering vir kuns onder Potchefstromers is.
Kyk die foto’s hier:
Foto’s: Wouter Pienaar
Erasmus het onder die bekwame hande van haar mentor, Barend Grobbelaar van Studio Visio, haar kunswerke omskep in iets wat eg, rou en diep is. Kortom, werk hierdie skilderye met ‘n mens se emosies.
“Elise is ‘n mens met ‘n besondere gawe en persoonlikheid. Sy het nooit haarself hoër geskat nie en was nog altyd beskeie. Elise is ‘n student wat altyd gewillig en in haarself geglo het al was daar uitdagings,” noem Grobbelaar.
Hy ook genoem dat sy ‘n besondere talent het met water-en olieverftegnieke as ook met houtskool as kunsmedium. Haar inhoudryke portret van haar man, Andries, is een so voorbeeld.
“Elise het ‘n ongelooflike vermoë met portretstudies om ‘n gelykenis te skep en ‘n siel daarin te plaas. Haar abstraksies is ook sinvol en het ‘n eenheidswerkende faktor. Kyk die kunswerk met skrefiesoë en dan sal ‘n mens ‘n lig-donker patroon sien en nog ‘n dieper belewenis ervaar,” verduidelik Grobbelaar.
Grobbelaar het die kunsuitstalling amptelik geopen.
Hier is ‘n paar voorbeelde van wat by die gallery te sien is:
Erasmus het ook ‘n woord van dank gespreek vir almal ‘n bydrae gemaak het om haar eerste solo-uitstalling ‘n werklikheid te maak.
“Ek is baie opgewonde om hierdie uitstalling met almal te deel. Ek wil eerstens dankie se vir die Here wat my geseën het met ‘n liefde vir teken en erf. Hy seën my met die materiaal, tyd en Sy teenwoordigheid. Ek wil ook my man, Andries, bedank vir al sy ondersteuning. My dogter, Dalene, was die een wat my gemotiveer het en ook aangespoor het. So vir haar en al my kinders, ouers, familie en vriende sê ek baie dankie,” noem Erasmus.
Sy het ook vir Barend Grobbelaar vir sy mentorskap en insette, sowel as vir Martie Bothma (kurator by Snowflake) vir al haar harde werk bedank om die uitstalling ʼn realiteit te maak.
Erasmus se kunsuitstalling sal tot 29 September 2023 oop vir die publiek wees. Maak gerus ‘n draai om hierdie uiteenlopende versameling van kunswerke te besigtig.
Die galleryure by die Snowflake-gebou is as volg:
Weeksdae: 07:00- 20:00
Saterdae: 09:00-20:00


























