Massiewe veldbrand op weermaggronde langs die R53
Potchefstromers word gevra om dringend drinkwater vir die brandbestryders te verskaf.
Daar is tans ‘n groot veldbrand op die weermaggronde langs die R53 (Ventersdorppad) in die rigting van Potchefstroom.
Twee Working on Fire spanne, sowel as ‘n helikopter en ander brandbestryders van die Potchefstroom Brandbeskermingsvereniging is op die toneel en is besig om die veldbrand te beveg.
Verkeerspolisie het ook die R53 by die 4 Artillery Militêre Basis gesluit weens die groot veldbrand.
Daar is tans ‘n dringende tekort aan water vir almal wat die vuur beveg.
Potchefstromers word gevra om drinkwater by Bailliepark Spar en Vanderhoffpark Pick ‘n Pay af te lewer.
Hulle kan ook 500ml waterbottels bring na die ingang van die weermagbasis oorkant Potchefstroom MediClinic.
Kontak Rykie Erasmus op 072 133 8480 in hierdie verband.
Geld kan ook geskenk word na Louise Viviers van Uni-Life om water aan die brandbestryders te kan verskaf
Naam as verwysing
Bank: Capitec:
Spaarrekening
Louise Viviers
Rekeningnommer: 1188512283
Takkode: 470010.





