Local newsNewsNews

VIDEO: Gemeenskap vat hande om water en kos vir brandbestryders te skenk

Die plaaslike gemeenskap het gister (Saterdag, 18 Augustus) saamgestaan om broodnodige water en kos vir brandbestryders in te samel wat besig was om gevaarlike veldbrande te beveg. Die een groot veldbrand was op die R53 (Ventersdorppad) by die weermagbasis. Die ander een was op die R501 (Carletonvillepad) by Naschem (Rheinmetall Denel). Verskeie rolspelers insluitend die …

Die plaaslike gemeenskap het gister (Saterdag, 18 Augustus) saamgestaan om broodnodige water en kos vir brandbestryders in te samel wat besig was om gevaarlike veldbrande te beveg.

Die een groot veldbrand was op die R53 (Ventersdorppad) by die weermagbasis. Die ander een was op die R501 (Carletonvillepad) by Naschem (Rheinmetall Denel).

Verskeie rolspelers insluitend die plaaslike Potchefstromer, Rykie Erasmus, Uni-Life noodhulp bystand, die NWU, en plaaslike brandweer, onder andere, het gekoördineer om seker te maak dat water en kos by die brandbestryders uitkom.

Spanne van Working on Fire op die grond, sowel as ‘n Working on Fire helikopter was vanaf gistermiddag tot laat gisteraand besig om vure te beveg.

Foto’s: Verskaf

120 worsbroodjies is uitgedeel sowel as 90 kospakkies wat die NWU geskenk het. Daar is ook 5 sakke lemoene uitgedeel aan die dankbare spanne wat die vuur help beveg het.

Volgens Louise Viviers van Uni-Life Medics, wat haar groep gekoördineer het, noem dat daar 120 500 milliliter bottels water en 120 liter addisionele kanne water verskaf is. Absolute Pure Water het ook 80 liter water geskenk.

“Die ouens was heeldag besig en ons het vir hulle water en kos gevat by die twee verskillende brande. Die publiek was flink om donasies te gee sodat ons bottels water kon aankoop om vir die brandbestryders te gee,” noem Viviers.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button