Local newsNewsNews

Polisie arresteer verdagtes vir besit van AK-47 en ammunisie

Die arrestasie het op Maandagmiddag (21 Augustus) op die N12 oorkant die lisensiekantore  plaasgevind toe blitspatrollie lede ‘n grys VW Polo voertuig gestop het.

Flink werk van polisie het tot die arrestasie van drie verdagtes vir die besit van ‘n AK-47 vuurwapen en ongelisensieerde ammunisie gelei.

Die arrestasie het Maandagmiddag (21 Augustus) op die N12 oorkant die lisensiekantore plaasgevind toe lede van die blitspatrollie ‘n grys VW Polo voertuig gestop het.

Die AK-47 wat in die voetuig gevind is wat polisie van die N12 afgetrek het.

“Hulle het ‘n AK-47 vuurwapen sowel as AK-47 patrone in hulle besit gekry,” het Noordwes polisiewoordvoerder, kol. Adele Myburgh, bevestig.

Die drie verdagtes wat onderskeidelik 45, 43 en 36  jaar oud is sal op Woensdag, 23 Augustus in die Potchefstroom landdroshof verskyn.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button