Excelsior staan ‘n kans om vanaand op die Fanie geskiedenis te maak.
Dié Koshuis speel teen Caput in die NWU Koshuis rugbyliga eindstryd. Verlede jaar het Excelsior nog in die Premierliga gespeel en het vanjaar na die Superliga opgeskuif. Niemand het hulle ‘n kans gegee nie, maar hulle het sover in die liga nog net een wedstryd verloor.
Die uwe, Caput, teen wie hulle in die finaal speel. Caput was die afgelope twee jaar Superliga kampioene gewees, as dit nie vir Covid was nie, kon Caput dalk al vier keer die trofee ingepalm het. Caput sal beslis die gunsteling wees om sy titel te verdedig, maar maklik vir die kampioene sal dit beslis nie wees nie. Excelsior sal sy naam in ide geskidenis boeke wil neerpen.
Henry Stewart, hoofafrigter van Caput, se boodskap was kort en kragtig.
“‘n Jaar se opoffering en sweet vir ‘n 70min toets. Dis alles of niks,” het Stewart gesê.
Volgens JJ van der Walt, afrigter van Excelsior, verwag dat dit ‘n harde wedstryd gaan wees.
“Ek back die ouens 100%. Ons is goed voorbereid vir die wedstryd, dit gaan net gaan oor die span wat dit die meeste wil hê. Excelsior is ‘n span wat speel vir die trots van hulle koshuis so ons verwag ‘n opwindende game,” het van der Walt by navraag gesê.
Caput 1 vs Excelsior 1 skop om 21:00 op die Fanie du Toit Sportgronde af.
Caput 2 speel teen Overs 2 vir die tweedespanne se Superliga trofee.
Hombre 1 en Ratau 1 gaan kyk wie vat die Premierliga trofee .
Caput 2 vs Overs 2 skop om 19:40 af
Hombre 1 en Ratau 1 se wedstryd begin om 18:00
Sover die Herald kon vasstel hou Patria nog die rekord vir agtereenvolgende 1ste XV Superliga wenne, hulle het tussen 2010 – 2018 elke jaar die titel gewen. ‘n Verstommende nege keer in ‘n ry voor Caput dit in 2019 gewen het.



