NewsNews

Kerk se hoofingang versper

Die Saint Mary’s Anglikaanse kerk in Auto-laan sien hartseer daar uit. Die kerk, wat 25 Maart 1867 geopen is, se hoofingang is tans permanent toe as gevolg van haweloses en kriminele wat op en om die kerkgronde skuiling soek.

Die Saint Mary’s Anglikaanse kerk in Auto-laan sien hartseer daar uit. Die kerk, wat 25 Maart 1867 geopen is, se hoofingang is tans permanent toe as gevolg van haweloses en kriminele wat op en om die kerkgronde skuiling soek. ‘n Betrokke persoon by die kerk, wat anoniem wil bly, noem dat kerkgangers die ingang langs Eb’s Hardeware gebruik, weens die gevaar by die hoofingang. “Dis nie lekker nie,” sê die persoon. “Kerkgangers moet met ‘n paadjie deur ‘n parkeerterrein en verby die pastorie loop om by die kerk te kom. Dit lyk asof jy by ‘n plaas aankom en eers deur die varkhokke loop voor jy by die plaashuis kom. “Dis een van die mooiste kerke wat ek nog gesien het, maar die deure maak nie meer oop nie,” sê Madra de Bruin, wyksraadslid van wyk 15. “Daar langs die kerk is die Departement van Onderwys se geboue. Kan jy dink dat dit so hier lyk?” sê ‘n ontstelde De Bruin.
Sy beduie na opgevoude komberse en ander rommel wat teen die heining van die kerk gepak is. Volgens die persoon wat anoniem wil bly, klim haweloses en kriminele gereeld oor die kerkheining en ontlas op die kerkgronde. “Dis ‘n vullisblik,” vertel die persoon. “Elke Sondag moet jy skoonmaak tot by die kerk se ingang. Daar lê spuite en naalde oral.” Aan die oorkant van Auto-laan gaan dit erger. De Bruin wys na haweloses en noem dat dit ‘n groot probleem in die omgewing is en tot misdaad bydra. “Die Bybel sê dat jy arm mense moet help, maar dis kriminele daai,” sê die persoon verder.

 

“Hulle breek nie by die kerk self in nie, maar verlede Sondag het hulle die hekmotor uitgeruk. Vroue is al hier aangerand. Gemeentelede is al besteel, maar vandat ons die ingang by EB’s gebruik, het dit darem lank terug gebeur.” Die Departement van Arbeid se parkering is oorkant die kerk en gevul met water, rommel, babadoeke, plastieksakke, plastiekbottels, en vele meer. Daar is badkamers in die parkering en De Bruin vertel dat die badkamers ‘n permanente kopseer in wyk 15 is. “Enige onheilige ding
waaraan jy kan dink, gaan hier aan,” sê sy. Daar stroom water by die badkamer uit en loop in die parkering af. De Bruin is oortuig dat dit skoon water is, en is ontsteld oor die vermorsing daarvan. “Maar soos jy nou kan sien is slaggate, straatligte wat nie werk nie en waterlekke die minste van my bekommernis,” voeg De Bruin by. De Bruin wys na die woonstelgeboue wat teen die parkering grens met ‘n ‘Flats To Let’ kennisgewing op. “Enige een sonder ‘n ID dokument of paspoort kan hier bly,” sê De Bruin. “Sakemanne in die dorp bied behuising in haglike omstandighede aan. “Die nadeel is, almal praat en praat, maar niks gebeur nie. Die munisipaliteit gee nie om nie,” sluit die anonieme persoon af. De Bruin sê verder: “Dis nie dat niemand probeer nie, die probleem is net so groot, dit lyk asof niemand probeer nie.” Volgens haar is daar tans ‘n voorstel wat voor die raad gaan dien dat die badkamers in Auto-laan afgebreek moet word. “Al die ander departemente het dit reeds
goedgekeur,” het sy gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button