Local newsNewsNews

Plaaseienaar oorlede na Njala hom gaffel

Hy is weens beserings wat hy in die hierdie fratsongeluk opgedoen het oorlede.

‘n 36-jarige plaaseienaar van Boschhoek, ongeveer 35km vanaf Potchefstroom in die rigting van Fochville op die N12, is gisteraand (Donderdag, 24 Augustus) deur een van sy eie Njala bokke gesteek. Die insident het glo gebeur toe die man wild wou vervoer.

Hy is weens beserings wat hy in die hierdie fratsongeluk opgedoen het oorlede.

Die man is na Potchefstroom gehaas vir mediese hulp. Nooddienste het die man halfpad tussen Potch en die plaas op die N12 ontmoet en die man probeer resussiteer, maar was onsuksesvol.

Fochville stasiebevelvoerder, Lt. Kol. Kgomotso Netshitangani het die voorval bevestig en genoem dat ‘n geregtelike doodsondersoek van stapel gestuur is.

Die man se familie moet nog sy liggaam identifiseer voordat sy identiteit bekendgemaak kan word.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button