NewsNews

Meadowstraat-lek bykans 4 jaar oud

Die waterlek op die hoek van Meadow- en Scheepers straat is al bykans vier jaar oud en steeds nie herstel nie.

Die waterlek op die hoek van Meadow- en Scheepers straat is al bykans vier jaar oud en steeds nie herstel nie.

Heinricha Hodgson, wyksraadslid van Wyk 5 is raadop. “Dit is steeds ‘n probleem,” sê Hodgson.

Altus Snyman, ‘n inwoner in die omgewing is besig om kwotasies te kry. “Altus gaan nou drie kwotasies kry by privaat mense sodat ons dit by die voorsieningsketting kan indien en hopelik op daardie manier reggemaak kry,” sê Hodgson verder.

Snyman self het al telkemale die lek gerapporteer, maar steeds geen terugvoer gekry nie. In ‘n vorige berig het Snyman genoem dat dit moelik gaan wees om die lek reg te maak, aangesien die pyp oopgegrawe sal moet word voor herstelwerk kan begin.
Die Herald het sedert die vorige berig steeds nie terugvoer van die munisipaliteit gekry nie.

Sien vorige berig hier: https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/123017/waterlek-in-meadowstraat-n-groot-vermorsing-van-water/.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button