Local newsNewsNews

Trio gaan sorg vir sangskouspel by Aardklop

As solokunstenaars is elkeen in ’n klas van sy eie en elkeen ’n ster in eie reg

’n Samekoms van drie kunstenaars, met drie uiteenlopende stemme en drie persoonlikhede – in een produksie op die verhoog. As solokunstenaars is elkeen in ’n klas van sy eie en elkeen ’n ster in eie reg: Germandt Geldenhuys, bekend as akteur en vir sy kragtige tenoorstem, Mathys Roets met die rustige, fluweelstem en Danie Niehaus as bekroonde en veelsydige kunstenaar en liedjieskrywer.

Ondanks elkeen se uiteenlopende musiekstyl, van pop tot ballades en ligte klassieke musiek, is dit veral hul a cappella-sang en samesang wat hulle ’n gedugte kombinasie maak. Saam sorg hulle vir ’n ongelooflike musikale reis.

Mathys Roets vertel hoekom hy dink hierdie resep so goed werk:
“Ek dink dis die eerlikheid. Ons speel net waarvan ons hou. Ons probeer nie iets aan die gehoor verkoop wat ons dink populêr sal wees nie. Ons kan iets eenvoudig soos Bobbejaan klim die berg in stemme doen of ou universiteitstreffers sing en die gehoor reageer elke keer. Die uniekheid in kombinasie van stemme en hoe ons mekaar kan volg op die verhoog, is wat die produksie laat werk.”

Germandt Geldenhuys is die nuutste lid van dié ensemble en is baie opgewonde oor die geleentheid om saam met Mathys Roets en Danie Niehaus te kan werk:

“Dit was een van die grootste seëninge wat oor my pad gekom het. Ons drie maak so lekker musiek saam op die verhoog, maar kom ook baie goed oor die weg van die verhoog af. Ek leer só baie by hulle – Danie en Mathys het dekades se ervaring in die musiekbedryf en op verhoog, maar op die ouend van die dag is ons net drie “like-minded” mense wat saam musiek maak.”

Om die volledige onderhoude te sien, kan lesers die QR-kode na Aardklop se splinternuwe Youtube-kanaal volg of by dié skakel gaan draai: https://www.youtube.com/@Aardklop

Op Donderdag 31 Augustus en Vrydag 1 September kry jy 30% Lentedag afslag op hierdie produksie.
Besoek www.aardklop.co.za vir meer inligting.
Volprys is R200, maar met hierdieaanbiedings sal feesgangers slegs R140 betaal.

Drie van die Bestes

Met: Danie Niehaus, Mathys Roets, Germandt Geldenhuys

Genre: Kontemporêre musiek

Taal: Afrikaans, Engels, Italiaans

Gradering: Gesin

Tydsduur: 70 min.

Venue: Totius Saal

Datum en tyd: 4 Okt. 19:30, 5 Okt. 13:00

Kaartjies:
 R200, R180 (Aardklop Hartsvriende, Pensioenarisse)

Kaartjieverkope is reeds oop.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button