Hartbeestak vereer top jagters
Die Hartbeestak van die Suid-Afrikaanse Jagters en Wildbewaringsvereniging het Dinsdag, 5 Desember hulle prysuitdeling vir 2022/23 by Kumkani Country Lodge aangebied.
Die Hartbeestak van die Suid-Afrikaanse Jagters en Wildbewaringsvereniging het Dinsdag, 5 Desember hulle prysuitdeling vir 2022/23 by Kumkani Country Lodge aangebied.
Die top jagters is by hulle funksie met ‘n verskeidenheid toekennings vereer. Die Skut van die Jaar-toekenning het aan Theo Strydom gegaan.
Strydom het ook die Nagskut van die Jaar en Swaarkaliber Skut van die Jaar-trofeë ontvang. Reinette de Kock het die Dames Skut van die Jaar-toekenning ontvang. Stian Jansen van Rensburg is as die Junior Skut van die Jaar aangewys.
Hier is die volledige lys van pryswenners:
Meriete Toekennings (Nasionale en Tak Vlak): Theo Strydom, Carel Erasmus, Willem Kooij en Hannes de Kock.
Uitstaande Taklid van die Jaar: Eugene Cato
Uitstaande Bestuurslid van die Jaar: Johan Oelofse
Mees Uitstaande Flater van die Jaar: Hannes de Kock
Dames Jagter van die Jaar: Sumari Nel
Mans Jagter van die Jaar: Hannes de Kock
Swaarkaliber Skut van die Jaar: Theo Strydom (wenner), Carel Erasmus (tweede) en Gerhard Conradie (derde)
Beste Nagskut van die Jaar: Theo Strydom (wenner), Jan Viljoen (tweede), Sumari Nel (derde)
Junior Skut van die Jaar: Stian Jansen van Rensburg (wenner), JD van Heerden (tweede)
Dames Skut van die Jaar: Reinette de Kock (wenner)
.22 Skut van die Jaar: Willem Kooij (wenner), Henning Lubbe (tweede) en Martin Steyn (derde) Pistool Skut van die Jaar: Prof Jan de Kock (wenner), Bennie Fourie (tweede) en Ettienne Delport (derde).
Haelgeweer Skut van die Jaar: Eugene de Kock (wenner), Carel Erasmus (tweede) en Charl Froneman (derde)
Skut van die Jaar: Theo Strydom
Mans Skut van die Jaar: Johan van der Walt