Local newsNewsNews

Dubbelfout met rommel en vandalisme by Park Tennisklub

Lede moet verby rommel, wat gebruikte kondome en ontlasting insluit, na die baan stap om te speel. Daar was ook al voorvalle waar die baan as publieke ablusiegeriewe gebruik word.

Die Park Tennisklub se lede is al raadop oor die omgewing rondom die klub wat met vullis besmet is.

Lede moet verby rommel, wat gebruikte kondome en ontlasting insluit, na die baan stap om te speel. Daar was ook al voorvalle waar die baan as publieke ablusiegeriewe gebruik word.

“Mense wat in die omgewing van die park oorkant die munisipale swembad kuier urineer sommer oop en bloot op die tennisbaan. Die probleem is dat daar geen geriewe in die park is nie. Nou word die tennisklub daardeur beïnvloed,”  – Park Tennisklub voorsitter, Frans Coetzee.

Volgens Peet van Schalkwyk, die onder-voorsitter van Park Tennisklub, is die gebrek aan fasiliteite vir ontspanning die groot rede waarom hierdie probleem ontstaan.

“Mense wil hier braai en kuier, veral oor langnaweke en as dit vakansie is. Die probleem is dat daar nie genoeg onderhoud in die park is nie. Dit raak dan ‘n regte oogseer,” vertel Van Schalkwyk.

Frans Coetzee, voorsitter van Park Tennisklub saam met Peet van Schalkwyk, ondervoorsitter van die tennisklub. Albei beaam dat ongewenste elemente ‘n groot probleem in die omgewing van die baan is.

Die bestuurslede van Park Tennisklub het verder ‘n kraan aangelê waar mense wat in die park kuier, kan water kry.

Veiligheid is ook ‘n belangrike komponent wat aangeraak word.

By van die klublede se motors is al ingebreek, terwyl sommige lede ook al beroof is.

Verder word gedeeltes van die klub ook gevandaliseer. Kabels en ander items in die klubhuis is ook al gesteel.

Sodoende het die klub besluit om ‘n houtheining en doringdraad te span om die tennisbaan en klubhuis van die park te skei.

“Dit is veiliger so en beperk ingang van ongemagtigde persone op die bane. Ons moes dit uit die klub se fondse bewerkstellig, maar steeds word daar gevandaliseer.

“Ons kry nou nog allerhande items soos beursies en klere hier binne,” noem Coetzee terwyl hy na ‘n gat in die draad wys.

Hierdie tennisklub het ‘n lang geskiedenis en is reeds in 1892 geopen.

Dit is die oudste tennisklub in Potchefstroom en nadat die klub tot stilstand gekom het in die negentigs, het dit weer in 2016 herleef. Park Tennisklub se bane word gereeld vir toernooie gebruik en is populêr onder plaaslike tennisspelers, veral ook skooltoernooie.

“Vir ons is dit belangrik om tennis in ‘n veilige en netjiese omgewing te bevorder,” noem Coetzee.

Frans Coetzee, voorsitter van Park Tennisklub, wys na ‘n gedeelte van die heining wat beskadig is. Daar is al talle voorvalle van misdaad deur die klub gerapporteer. Foto: Wouter Pienaar.

Die Herald het die munisipaliteit vir genader en volgens munisipale woordvoerder, Jeanette Tshite is daar planne om sekuriteit in die area op te skerp.

“Die JB Marks Munisipaliteit is bewus van die toestand van die park langs die tennisbane. Die Parke-afdeling se skoonmaakspanne sorg dat hierdie spasies gereeld skoon gehou word. Die Park is nie omhein nie daar is ‘n gebrek aan sekuriteit om mense se bewegings in en uit die gebied te monitor, veral as hulle laat bly,” noem Jeanette Tshite, munisipale woordvoerder.

Met dit in ag geneem beoog die munisipaliteit om fondse te bewerkstellig om die Park te omhein en sodoende die fasiliteit se sekuriteit op te skerp.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button