Local newsNewsNews

Hoe om die ‘rat race’ te ontsnap

Prof Chris Van Der Walt, betrokke by die Teologiese Skool, vergelyk die soeke na finansiële sekuriteit met die sogenaamde 'rat race'.

Die sogenaamde ‘rat race’ verwys na ‘n konstante najaag van geld om te kan meeding met jou vriende, familie, of selfs die breër samelewing wanneer dit kom by voertuie, huise, vakansies en dies meer. As jy ‘n deelnemer is in die ‘rat race’ is jy konstant besig om meer en meer geld na te jaag om jou Land Cruiser se brandstoftenk vol te hou, jou kind se privaat skoolfonds te betaal, en jou swembad en see-motorboot te onderhou.

Die huidige ekonomiese klimaat laat die ‘rat race’ egter bietjie anders lyk. Kaas is ‘n delikatesse en skoolklere is onbekostigbaar. Prof Chris Van Der Walt, betrokke by die Teologiese Skool, gesels oor finansiële sekuriteit en hoe om dit te bekom.

“Kom ons begin by 1 Korintiërs 13 in moderne terme. Hierdie is vir die pa’s. Al het jy hoeveel geld in die bank, maar jy is nie langs die rugbyveld wanneer jou seun ‘n drie druk nie, is jy niks. Al het jy ‘n aansienlike posisie in die samelewing maar jy is nie daar om jou dogter te troos wanneer sy huil nie is jy niks.”

Prof Chris verduidelik dat die konstante bekommernis oor geld kan aangespreek word deur te gaan kyk waar jy jou identiteit kry.

“Daar is ‘n groot krisis in die jongste geslag en dit is onmiddelike bevrediging. Ek wil dit hê en ek wil dit nou hê. Die media en tegnologie het met tyd ‘n gejaag na onmiddelike bevrediging gekweek. Dit kan opgemerk word in die hoë skuldvlakke in die land. ‘Ek wil my behoeftes onmiddelik bevredig hê’ vorm deel van jou identiteit.”

“Finansiële sekuriteit is ‘n relatiewe term. Wat jy as finansiële sekuriteit gaan beskou het te make met hoe jy jouself sien en hoe jy oorlewing sien. Oorlewing is natuurlik ook ‘n relatiewe term. Sommige ouens sal sê hul kan nie oorleef sonder kaviaar nie. Ek dink nie ek het al ooit kaviaar geeët nie. Jou perspektief beïnvloed wat jy as finansieël verseker sien en dit kom alles terug na waar jy jou identiteit vind.”

Volgens prof Chris is kontinuïteit en differensiasie belangrike trekke van identiteit. “Geld is gebottelde tyd, dit gee jou kontinuïteit. Differensiasie is wat jou laat uitstaan. Wat maak jou anders as almal om jou?”

Hy verduidelik dat jy moet weet wie jy is en jou identiteit in God plaas. “Streef daarna om jou indentiteit in God te vind en om Sy vrede te ervaar. Anders wanneer is genoeg dan genoeg? Dink jy die politici wat 10 miljoen rand steel is tevrede? Nee, hulle wil 100 miljoen rand steel, want dit is waar hul identiteit lê. As jou identiteit in aardse besittings lê sal jy nooit innerlike vrede ervaar nie, want niks gaan ooit genoeg wees nie.

Prof Chris gaan leen wysheid by Anthony de Mello en Charles Spurgeon en verduidelik die volgende aanhaling deur Anthony de Mello. ‘May the peace of God disturb you always’, “Vrede is ‘n herstelde verhouding met God, en wanneer jou verhouding met God herstel word is daar skielik baie goed wat jou ongemaklik maak. Jou eie gierigheid maak jou ongemaklik.” Prof Chris gaan verder deur uit te wys dat deur iets te begeer, jy inderwaarheid vir God sê dat jy nie tevrede is met die manier hoe Hy vir jou sorg nie.

‘n Vernuwe of nuwe verhouding met God sal jou ewige vrede gee en jou bevry van die ‘rat race’. Besluit vandag om nie ‘n slaaf te wees van geld nie, maar om jou identiteit in God te vind.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button