VIDEO: Eikeboom versper Peter Mokaba-rylaan
'n Eikeboom versper tans 'n gedeelte van die pad by Peter Mokaba-rylaan 49 nadat dit omgeval het.
‘n Eikeboom versper tans ‘n gedeelte van die pad by Peter Mokaba-rylaan 49 nadat dit omgeval het.
Die boom het glo vroeg vanoggend omstreeks 06:00 omgeval.
Kyk die video hier:
Maria Jardim, een van die inwoners in die straat, se palisadeheining is ook beskadig. ‘n Gedeelte van die boom het die heining platgedruk.

“Ek het ‘n geluid gehoor wat amper soos ‘n motorbotsing geklink het. Toe ek sien is die boom se takke in ons erf. Ek weet nou nie hoe lank dit gaan neem voor ons heining herstel gaan word nie,” noem sy.

J.B. Marks munisipaliteit se span was teen 07:40 nog nie op die toneel nie.
Motoriste word gemaan om hierdie gedeelte van die pad te vermy en alternatiewe roetes te gebruik.





