Local newsNewsNews

Vermiste hondjie steeds nie gevind

"Ons kan nie sonder hom funksioneer nie," sê Katinka Lynch nadag haar hondjie weggeraak het.

Katinka en Derrick Lynch se Yorkshire Terrier, Stoffel het Sondagaang 21 Januarie weggeraak. Die Lynch-gesin bly in Dassierand.

Stoffel steek tong uit vir die kamera. Foto: Verskaf.

“My man het vir hom oopgemaak om te gaan piepie, en hy het nie terug gekom nie. Deur die nag is my man straat op en af om hom te soek,” sê Katinka. “Dit is nou ‘n week wat hy weg is.”

Stoffel bly al vir nege jaar by Katinka en Derrick, en hulle is baie geheg aan hom.

“Absoluut my man se skaduwee in die dag, niks word sonder Siffie gedoen nie, hy het orals gegaan,” sê Katinka hartseer. “Hy ly aan seperation anxiety, so hy het ons albei opgepas. As ek of my man ry sal hy (Stoffel) daar in die oprit sit tot watter tyd in die aand en wag.”

Katinka en Derrick is dringend opsoek na Stoffel en vra die gemeenskap se hulp.

Jy kan hul skakel by 083 657 2552 of 082 745 4689 indien jy inligting het oor Stoffel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button