Video: Inwoners probeer slaggate in Grimbeekpark vermy
Inwoners is moedeloos oor die talle slaggate wat weekliks in Grimbeekpark opduik
Die swak toestand van paaie in Grimbeekpark veroorsaak dat inwoners daagliks slaggate moet vermy om skade aan hul voertuig se bande te voorkom.
Sommige motoriste kry dit nie altyd reg nie, veral omdat die pad in Ericastraat propvol slaggate is. Motoriste moet soms al op die sypaadjie ry, terwyl ander alternatiewe roetes verkies.
Kyk die video hier:



DA wyksraadslid van wyk 24, Jeanne Adriaanse, verduidelik dat hierdie slaggate in die buurt aan telkemale gerapporteer is aan die munisipaliteit.
Sy noem dat sy die munisipale bestuurder en ander amptenare al op verskeie oorsigbesoeke deur die Wyk geneem het, sonder dat ‘n daadwerklike oplossing gevind is of werk aan die situasie gemaak is.
Lees meer in hierdie week (Donderdag, 1 Februarie) se uitgawe van die Potchefstroom Herald



