Verskeie gevalle van geweld in Potch
Twee afsonderlike insidente van openbare geweld en gesinsgeweld het in die vroeë oggendure van Vrydag, 16 Mei, in die stad plaasgevind. Mooirivier Beskerming en die polisie het vinnig opgetree om situasies in Walter Sisulu en Wilgenstraat onder beheer te bring.

Twee voorvalle het in die vroeë oggendure van Vrydag, 16 Mei in die stad plaasgevind.
Ongeveer 00:35 het Mooirivier Beskerming reageer na ‘n insident waar ‘n groep jong mans in Walter Sisulu hand gemeen geraak het.
Volgens Chrisitaan Haefele, bedryfsbestuurder van Mooirivier Beskerming het een va ndie mans in sy voertuig gklim om te ry waarna hy oor ‘n ander se voet gery het.
Daar het ‘n bakleiery tussen twee groepe ontstaan waarna die polisie en ER24 na die toneel ontbied is. Daar was geen ernstige beserings nie. Die situasie is onder beheer gebring.
Later die oggend, omstreeks 01:48 het ‘n man in Wilgenstraat op sy vrou afgekom terwyl sy haarself beseer. Na die vrou haar man opgemerk het, het sy aggressief begin word en die man aangeval.
Volgens Haefele kon die situasie onder beheer gebring word. ER24 en die polisie was op die toneel gewees.



