SportSport

Baillies skuts in die kol

Laerskool Bailliespark se skuts het gewys wat dit vat om medaljes in die sakkie te kry.

Baillies se boogskuts het besonders goed by die afgelope Orkney Centreshot Kompetisie presteer.

Die seuns en dogters van Baillies het op 10 Mei, hulle staal met pyl en boog gewys om ‘n hoop medaljes huis toe te bring.

“Baie dankie aan ons ouers vir hul waardevolle ondersteuning en hulp deur die dag – julle betrokkenheid maak ’n groot verskil,” het die skool gesê.

 

Primary span: Mia Roos, Christelle Maritz, Leanie Claassen, MJ Kruis, Hermaé Hammill, David Knoetze, Benjamin Venter, Anne-Belle Watson, Luan Erasmus, Daleen Enslin en FC Hugo

Die volle uitslae is soos volg:

Individuele prestasies
Cubs 3D:
Zandri Hugo het goud verower met Anje-Rene Coetzee en Gunther Pheiffer wat albei brons gewen het.
Cubs Bullseye:
Zandri Hugo het in dié afdeling ook goud verwerf. Hudson Hammill het silwer gekry en  Anje-Rene Coetzee  en Gunther Pheiffer het albei brons verwerf.
Primary 3D:
 Leanie Claassen het goud gekry, Anne-Belle Watson vat die silwer en David Knoetze het ‘n brons medalje verwerf.
Primary Bullseye:
 Christelle Maritz het goud ontvang, David Knoetze het silwer gekry en Anne-Belle Watson het ‘n brons medalje verwerf.
Graadwenners:
Graad 2: Hudson Hammill het goud gewen Janco Esterhuysen het silwer verwerf en Anroux van Antwerpen het brons gewen.
Graad 3: Zandri Hugo het ‘n silwer medalje verwerf
Graad 4: Christelle Maritz het goud verwerf,  Dewald de Vry het silwer gewen en Benjamin Venter het brons verwerf.
Graad 6:  Leanie Claassen het ‘n silwer medalje verwerf.
Graad 7: David Knoetze  het ‘n goue medalje gewen terwyl Anne-Belle Watson ‘n brons medalje verwerf het. 
Spanprestasie:
Bullseye Primary Span – 1ste plek (3061/3600)
3D Primary Span – 1ste plek (1533/1800)
Cubs Span: Janco Esterhuysen, Hudson Hammill, Zandri Hugo, Gunther Pheiffer, Anroux van Antwerpen en Anje-Rene Coetzee
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button